fbpx

Suid Afrikaners se Braaivernuf

Suid-Afrikaners is bekend vir baie dinge, maar die belangrikste is Suid Afrikaners se braaivernuf. Wat is dan nou lekkerder as om ‘n vuurtjie aan te steek en ’n sappige vleisie te braai? Maar braai is meer as net ’n metode om jou kos gaar te maak. Dit is een van die beste maniere om kwaliteit-tyd saam met ons vriende en familie te geniet. HIermee ‘n paar wenke vir ‘n nuwe braaier !

Ons het darem al toestelle om ’n vuur aan die gang te kry.  Braai is ’n baie groot verantwoordelikheid! Dis belangrik om te weet hoe om alle tipes vleis te braai, en om al die gaste se spesiale versoeke te gemoed te kom. Ken jou Kole !

So, die eerste ding wat jy moet weet is dat daar verskillende maniere is om te braai. Jy het die keuse van hout, houtskool of brikette. Dis jou keuse waarmee jy wil braai, en elke metode hang af van hoe lank jy wil braai. Hoeveel dit jou gaan kos. Hoe jy wil hê die vleis moet proe…..

Hout: Vir die rowwe, professionele braaier. Daar word gesê dat vleis op sy lekkerste proe as dit op hout gebraai is.

Houtskool: Nagenoeg aan hout, maar makliker (en effe duurder). Dit brand vinniger, en aansienlik makliker om die hitte te beheer.

Brikette: Brikette vrylik beskikbaar, dit hou ook redelik lank. Aan die ander kant is dit bietjie morsig om skoon te maak en dit vat langer om die regte hitte te bereik.

Toets die kole :Dit is ’n kuns om te weet wanneer die kole reg is vir braai. As jy jou hand vir vyf sekondes kan hou, is die kole reg vir biefstuk, sewe sekondes – wors en tjops, en om en by 10 sekondes vir hoender.

Gijima Woodfired Experience – Proudly South African – Ons gaan Nou Braai !

This site uses cookies to offer you a better browsing experience. By browsing this website, you agree to our use of cookies.